Akkommodasie
Rosemary Hill bied verblyf vir tot 142 gaste op die perseel. Let asseblief daarop dat hierdie verblyf gedeel word met hul ander venue, The Greenhouse Café, en dat die meeste eenhede ook vir die publiek beskikbaar is om te bespreek. Verblyf word op ’n eerste-kom-eerste-bedien basis bespreek, daarom beveel ons sterk aan dat jy vroegtydig bespreek om teleurstelling te voorkom.
Daar is ook ’n paar gastehuise en B&B’s in die omgewing beskikbaar. Neem egter kennis dat gaste dan self vervoer na en van hul verblyf sal moet reël.
ONTBYD
Ontbyt is ingesluit vir gaste wat Vrydagaand en/of Saterdagaand oorslaap. Gaste is welkom om een van die restaurante op die perseel Saterdagoggend vir ontbyt te besoek.
Ons sal Sondagoggend almal saam ontbyt geniet voordat ons vertrek. Die plek waar ontbyt bedien sal word, sal tydens inklok gekommunikeer word.
AANKOMSTYD
Inklok is vanaf 14:00, tensy jy vooraf reëlings getref het vir vroeër inklok.
As jy eers Saterdag inklok, beveel ons aan dat jy reeds gereed aangetrek by die venue aankom. Jy kan dan net jou bagasie aflaai en kort daarna na die seremonie beweeg.
Dit help om enige stres te vermy en gee jou meer tyd om die dag saam met ons te geniet.
AKTIWITEITE
Daar is heelwat aktiwiteite vir jou om op die plaas te geniet. Kyk gerus op die webtuiste vir verdere besonderhede.
Verblyf op die perseel